Nóg waarskuwings oor onwettige menslike gebruik van Ivermektien

Die Mediese Vereniging van Namibië het in ‘n brief aan die Farmaseutiese Vereniging van Namibië geskryf dat dit onder hul aandag gekom dat sekere apteke Ivermektien-tablette aan pasiënte verkoop indien hulle ‘n voorskrif van hul huisdokter het. Die Mediese Vereniging verwys weer na die Namibiese Medisyne Beheerraad se waarskuwing dat Ivermektien onwettig vir menslike gebruik is.