Omusati-goewerneur huldig Covid-19-slagoffers

Die goewerneur van die Omusati-streek, Erginus Endjala, het vandag sy streeksrede op Outapi gelewer. Die goewerneur het met ‘n minuut van stilte sy vergadering begin ter ere van Namibiërs wat hul lewens weens die Covid-pandemie verloor het. Endjala het ook die jongste oor die toestand van Covid in sy streek bespreek.