Brittney Griner se saak begin Vrydag in Moskou

Die drie-malige ligakampioen van die Vroue Nasionale Basketbalvereniging, Brittney Griner, sal Vrydag in Rusland in die hof verskyn. Die Amerikaner is in Februarie in hegtenis geneem nadat Russiese wetstoepassers beweer het sy het dagga-olie in haar bagasie en dat sy met aansienlike hoeveelhede dwelmmiddels smokkel. Dis ‘n oortreding wat tot tien jaar tronkstraf kan lei. Die 31-jarige het na Moskou gereis om vir die EuroLiga-span UMMC Ekaterinburg te speel. Griner se eggenote Cherelle, het verlede maand ‘n beroep op President Joe Biden gedoen om met haar vrylating te help, aangesien sy bloot ‘n politieke speelbal is.