Alle boere, regoor die wêreld, het dieselfde uitdagings

Dr. Frikkie Mare, landbou-ekonoom aan die Universiteit van die Vrystaat sê produsente regoor die wêreld het soortgelyke uitdagings soos boere in Suid-Afrika en in die streek. Mare is tans in Denemarke by die Internasionale Federasie van Landboujoernaliste se konferensie wat tot 3 Julie duur.