Putin: president vir ewig?

Die Russiese President Vladimir Putin het wetgewing onderteken wat hom formeel die reg sal gee om tot 2036 aan bewind te bly. Die wet is ná verlede jaar se referendum reeds deur die Parlement goedgekeur. Die 68-jarige Putin, wat reeds 20 jaar as president gedien het, kan na sy vierde termyn, wat in 2024 eindig, nog twee keer benoem word. Volgens Putin se kritici en teenstanders kan hy deur middel van die wetgewing effektief lewenslank president bly.