Britse troepe kom in die Oekraïne aan

‘n Groep van sowat 30 Britse keurtroepe het in die Oekraïne aangekom om die plaaslike weermag op te lei om nuwe tenk-afweer wapens te gebruik. Brittanje het dit geskenk te midde van vrese van ‘n dreigende nuwe Russiese inval. Internasionale nuusagentskappe berig lede van die Ranger Regiment het met militêre vliegtuie aangekom wat terselfdertyd sowat 2 000 tenk-afweer missielwerpers na die land gebring het. Britse waarnemingsvliegtuie is opgemerk wat deel is van ‘n stil, maar tog sigbare opbou van Britse ondersteuning aan die weermag van die Oekraïne.