Eskom se kragverhoging vir Johannesburg sal doodsklok vir inwoners wees

Die Stad Johannesburg sê Eskom se voorgestelde 20,5 persent tariefverhoging sal die doodsklok vir die stad se inwoners en die ekonomie lui. Die burgemeester, Mpho Phalatse, die burgemeesterskomiteelid vir die omgewing en infrastruktuurdienste, Michael Sun, en die waarnemende hoofbestuurder van City Power, Tshifularo Mashava, het beswaar teen Eskom se versoek ingedien. Die stad se woordvoerder, Olebogeng Molatlhwa, sê Nersa se goedkeuring van die versoek soos dit nou is, sal net die bose kringloop van werkloosheid en geen betaling van munisipale dienste vererger.