Britse-polisie het nog ‘n verdagte in moord, 30 jaar gelede

Brittanje se Metropolitaanse Polisie het nog ‘n verdagte genoem in die moord op ‘n tiener 30 jaar gelede. Die 18-jarige Stephen Lawrence is in April 1993 vermoor tydens ‘n vermoedelike rassistiese aanval in Eltham. Vyf mans is aanvanklik in hegtenis geneem, maar net twee is in 2012 skuldig bevind en lewenslange tronkstraf opgelê, terwyl die ander drie nooit vervolg is nie. ‘n Sesde verdagte, Matthew White, word nou genoem hoewel hy in 2021 gesterf het. Hy is twee keer tevore in hegtenis geneem, maar daar was nie genoeg bewyse om hom te vervolg nie.