BRICS-beraad vandag

President Cyril Ramaphosa sal vandag die Suid-Afrikaanse afvaardiging se virtuele deelname aan die 13de BRICS-beraad lei. BRICS is ‘n groep van vyf groot ontluikende ekonomië – Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika. Die presidensie sê Suid-Afrika se lidmaatskap van BRICS stel die land in staat om bykomende en meer kragtige hulpmiddels in te span in sy stryd om sy drievoudige binnelandse uitdagings die hoof te bied. Hy voeg by die uitdagings van werkloosheid, armoede en ongelykheid kan aangespreek word deur verhoogde handel, beleggings, toerisme, die bou van kapasiteit, vaardighede en tegnologiese oordrag. Dit is veral belangrik as deel van die ekonomiese herstel na die Covid-19-pandemie.