Geslagsgeweld in Paarl – Action Society hou hofsaak fyn dop

Action Society in Suid-Afrika het sy regspan opdrag gegee om toesig te hou oor die saak van die 27-jarige Siphokazi Booi wat verlede week wreed vermoor is in Mbekweni in die Paarl. Ian Cameron van Action Society sê die beskuldigde was uit op borgtog vir aanranding nadat die Siphokazi verlede maand só erg aangerand is dat sy in die hospitaal opgeneem moes word. En nou is sy vermoor.