Veldbrande: ministerie haal ook die brandbaan-teikens nie

Die Namibiese omgewingsministerie het in 2020 meer as 950 kilometer se brandbane geskraap en onderhou. Die minister, Pohamba Shifeta, sê sy spanne het die jaar gepoog om 2 117 kilometer se bane se skraap en te onderhou maar die teiken is nie behaal nie. Pohamba het gepraat oor die huidige brandseisoen waar meer as 580 000 hektaar vanaf Mei tot op hede verwoes is. Streeksowerhede het ook nie hulle teikens behaal nie. Daar was tot dusver talle berigte van ‘n tekort van brandbane op plase en ook dat brandbestryders toegang tot grond geweier word. Voorbrande is volgens die berigte ook nie gedoen nie.