Brandstofprys eers volgende week?

Vulstasie-eienaars is in kennis gestel dat die volgende brandstofprys aankondiging teen volgende week Dinsdag bekend sal wees. Die prys van brandstof tree altyd op die eerste Woensdag van die maand in werking en dus word dit volgende week verwag. Ekonome het reeds talle male voorspel dat die ministerie van myne en energie onderverhalings ervaar en dus sal daar wel weer ‘n verhoging intree. Die prys van olie het in die afgelope 30 dae met amper 9 persent gestyg, en oor ‘n 90-dag periode, met amper 35 persent. Kosmos 94.1 Nuus kon nie die ministerie bereik vir bevestiging oor die prys nie.