Olie sak verder terug

Oliepryse het vandag verder teruggesak as gevolg van die samesprekings wat in Turkye tussen die Oekraïne en Rusland vandag plaasvind sowel as die voortdurende inperking in Sjanghai in China. Brent-ru-termynkontrakte was vroeg vanoggend laer op 111 Amerikaanse dollar nadat dit vroeë rondom 109 dollar verhandel het. Die kommoditeit het Maandag met 7 persent teruggesak. Daar is hoop vir ‘n skietstilstand en vordering word steeds gemaak op die Iranse kernkragooreenkoms. Die inperking in Sjanghai veroorsaak ook ‘n verlaging in vraag. Die stad is verantwoordelik vir sowat 4 persent van China se olieverbruik. Op die oomblik verhandel Brent rondom 114 dollar ‘n vat.