Rooies vrygespreek (vir nou)

Die oudlanddros Walter ‘Rooies’ Mostert is vrygespreek van alle klagte nadat landdros Ivan Gawanab bevind het die lasbrief vir sy oorspronklike in hegtenisname op 1 Maart 2021 nie deur ‘n landdros geteken was nie. Mostert het herhaaldelik die aantyging gemaak oor die lasbrief. Hy het na sy verskyning met die media gepraat.