Brandstofhandelaars vergader met Alweendo

Die Brandstof- en Franchise-vereniging, FAFA, en die Namibiese Plaaslike Besighede-verening, NALOBA, het vanmiddag met die minister van myne en energie, Tom Alweendo, vergader om ‘n oplossing te vind vir die eise van brandstofhandelaars. Brandstofhandelaars het verlede week vergader oor die pad vorentoe rakende die kwessie van stygende brandstofpryse in die land. Hulle eis beleidsveranderinge oor hoe brandstofpryse aangepas word. Hennie Krüger van FAFA, sê aan Kosmos 94.1 Nuus hulle wag op terugvoering van die minister.