Otjozondjupa-goewerneur wil landingstrook by Otji opgradeer

Otjozondjupa-goewerneur, James Uerikua wil hê die Otjiwarongo-landingstrook opgradeer word sodat toeriste wat na die Etosha Nasionale Park wil reis, daar kan land en direk vanaf Otjiwarongo Etosha toe kan ry. Uerikua het ook ‘n beroep op die plaaslike owerheidsrade in die streek gedoen om ‘n konferensiesentrum te vestig. Hy en die adjunk-uitvoerende direkteur in die toerisme-ministerie, Seimy Shidute die nuutgestigte toerisme-forum vir die Otjozondjupa-streek bekend gestel. Uerikua gesels met Kosmos 94.1 Nuus.