Koördinering met Beijing oor groot krisisse noodsaaklik: Macron

Die Franse president, Emmanuel Macron, voer samesprekings met Xi Jinping in Parys tydens die Chinese leier se staatsbesoek aan Frankryk. Macron het gesê koördinering met Beijing oor groot krisisse, insluitend Oekraïne en die Midde-Ooste, is noodsaaklik. Hy dring ook aan op billike reëls vir almal wat deel is van handel tussen Europa en China. Macron het tydens ‘n vergadering, wat deur die president van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyen, bygewoon is, gesê Europa se toekoms hang duidelik af van hul vermoë om ‘n gebalanseerde verhouding met China te bou.