Boulter verskyn vandag weer

Die Britse miljardêr Harvey Boulter, 51, sal vandag weer in die hof op Outjo verskyn op klagte van moord. Boulter het na bewering sy plaasbestuurder doodgeskiet op sy plaas Kaross naby Kamanjab. Hy is tydens die voorval in die hand geskiet. Boulter het in 2012 die twee dele van Kaross vir 19 miljoen doller aangekoop by Uwe en Tammy Hoth wat voorheen AfriLeo daarvan bedryf het. Hy het ook ‘n buurplaas Pionier aangeskaf en het volgens berigte ‘n baie suksesvolle jagbedryf gehad. In 2019 het hy 37,5 miljoen Namibiese doller verdien in jag- en toerisme dienste. Boulter het na bewering vir Gerhard van Wyk op 27 Februarie doodgeskiet na ‘n bakleiery oor Van Wyk se skoondogter. Dit is nie bekend of hy vandag vir borg sal aansoek doen nie.