Bots beperk tot einde ’25 groente-invoere

Botswana sê hy sal beperkings op die invoer van sommige vars produkte uitbrei terwyl die land probeer om selfvoorsienend te word en sy invoerrekening te verminder. Die verbod op die invoer van tamaties, aartappels, uie en ander produkte – wat boere in naburige Suid-Afrika ontstook het en einde Desember sou verval het – sal nou tot einde 2025 duur. Die aantal beperkte items sal ook vanaf Julie volgende jaar verdubbel tot 32. Botswana se landbousektor is relatief klein, wat sowat 5 persent van ekonomiese uitset uitmaak, met plaaslike boere wat swaarkry deur goedkoper invoere uit Suid-Afrika.