Kenner sê oor Opul-besnoeiings se impak in ’24

Saoedi-Arabië, Rusland en ander lede van Opul-plus, wat meer as 40 persent van die wêreld se olie pomp, het vrywillige uitsetverlagings van sowat 2 miljoen vate per dag vir vroeg volgende jaar ingestem. Dit volg te midde van kommer dat die mark ‘n potensiële surplus in die gesig staar. Kosmos 94.1 Nuus het met die bekende Suid-Afrikaanse ekonoom, Dawie Klopper, gepraat oor die impak wat die verlaging van produksie op Namibië en Suid-Afrika sal hê.