Groenskemas: Privaatsektor stel nie belang nie

Die landbouminister Calle Schlettwein sê hy is teleurgesteld in die privaatsektor omdat hulle nie geleenthede in verband met veral groenskemas aangryp nie. Schlettwein sê die uitkontraktering van groenskemas het nie positiewe resultate opgelewer nie. Uit 11 groenskemas is twee langtermynhuurkontrakte toegeken. Die Oranjerivier-besproeiingsprojek en die Uuvhungu Vhungu suiwelprojek is suksesvol vir 25 jaar verhuur. Die Tandjieskoppe-, Sone- en Katima Liselo groenskemas word nog geëvalueer, met die res onder die ministerie se beheer.