Bok-skrumskakel nog 2 jaar in Frankryk

Die Wêreldbekerkampioen-Springbokskrumskakel Cobus Reinach gaan nog twee jaar langer by die Franse klub Montpellier aanbly. Hy het sy kontrak tot 2025 verleng. Reinach het in 2020 by die span aangesluit en homself sedertdien gevestig in die nommer nege-trui. Hy het in die huidige seisoen reeds sewe drieë in 13 ligawedstryde vir Montpellier gedruk. Die span is tans boaan die Top 14-punteleer.