Afrika-regerings misluk in watervoorsiening

Afrika het baie min vordering gemaak in terme van toegang tot water, sanitasie en basiese higiëne. Volgens die Verenigde Nasies se Kinderfonds, Unicef, bedreig die stand van sake die vrede en ontwikkeling van state. Daar is ongeveer 418 miljoen van Afrika se 1,3 miljard mense wat steeds nie toegang tot basiese drinkwater het nie, met 779 miljoen mense wat het nie toegang tot basiese sanitasie het nie. Net minder as 208 miljoen mense het geen toilette nie en moet nog die veld gebruik. Daar is ook 839 miljoen mense wat nie toegang nie tot basiese higiëne het nie.