BoN stel blitslyn vir ‘korrupte’ bankamptenare bekend

Die Bank van Namibië het ‘n blitslyn bekend gestel vir fluitjieblasers om wangedrag deur bankbeamptes aan te meld. In ‘n verklaring sê BoN dat hy verbind is tot die beginsel van aanspreeklikheid. ’n Fluitjieblaser kan inligting oor enige onbehoorlike gedrag vertroulik bekend maak en dit sluit bedrog, omkopery, korrupsie, kriminele aktiwiteite, wanpraktyke, oortredings van wette, regulasies, of beleide, of misbruik van bankhulpbronne, wat vermoedelik plaasgevind het, in. Die  nommer is 0 800 001 100 of ‘n epos kan gestuur word na bon@tip-offs.com. Die lyn sal 24-uur per dag in werking wees, en oproepe word deur ‘n gespesialiseerde onafhanklike derdeparty hanteer.