BLSA loof stap op SAL-aandeel te verkoop

Business Leadership South Africa sê die verkoop van ‘n meerderheidsaandeel in die Suid-Afrikaanse Lugdiens is ‘n teken die ANC-regering is daartoe in staat om ‘n ideologiese skuif te maak wat baie gedink het onmoontlik is. Takatso Konsortium het ‘n 51 persent aandeel in SAA bekom met die regering wat 49 persent behou het. Die uitvoerende hoof van BLSA, Busi Mavuso, sê dit is bemoedigend om te sien die regering raak ontslae van ideologieë en stel pragmatiese oplossings in. Sy sê die korporatisering van Transnet en die verkoop van lugdiens is twee voorbeelde wat ‘n presedent skep vir ander beleërde staatsondernemings.