SA-polisie het kommer oor nog geweld wanneer Zuma weer verskyn

Nog oproer word na wat berig word vir 10 Augustus beplan wanneer oud-president Jacob Zuma weer in die hof moet verskyn. Volgens media in die buurland is die polise bekommerd dat gesteelde ammunisie in nuwe aanvalle gebruik kan word. Zuma dien tronkstraf van 15 maande vir minagting van die hof uit na hy versuim het om voor die staatskapings-kommissie te verskyn. Sy korrupsieverhoor is geskeduleer om aanstaande week en Dinsdag in die KwaZulu-Natalse Hooggeregshof in Pietermaritzburg te begin. Hy staar 16 aanklagte van korrupsie, afpersing, bedrog, belastingontduiking en geldwassery in die gesig.