Blitsbokke uit Hongkong Sewes geboender

Rugby: Die Blitsbokke is uit die Hongkong Sewes-toernooi geboender na hulle vanoggend met 12-7 teen Fidji in die Beker-kwarteindronde die spit afgebyt het. Die Suid-Afrikaners het tweede in Groep B geëindig na hulle met 12-10 teen Engeland en 19-17 teen Frankryk verloor het. Daar is nog meer sout in die Springbok Sewes se wonde gevryf toe hulle vanoggend met 19-12 teen Argentinië in die vyfde plek-halfeindstryd verloor het. Dit uitslag beteken die Suid-Afrikaners kon in vier van die vyf wedstryde wat hulle in die toernooi gespeel het, nie die mas opkom nie.