Wambugu-appelprojek in Namibië bekend gestel

Meer as 100 belangstellendes het opleiding oor appel-produksie by die Habitat-navorsingsentrum in Katutura in die hoofstad bygewoon. Die opleiding is gereël deur die Son-ontwikkelingsprogram, bestuur deur Jessy Katjimune, in vennootskap met die Khomas-streeksraad en die Wambugu-appelprojek uit Kenia. Khomas-goewerneur Laura McLeod-Katjirua het ‘n beroep op Namibiërs gedoen om betrokke te raak by appel-produksie, beide as ‘n bron van inkomste en vir die voedings- en gesondheidsvoordele daarvan. Teresa Mumbi, direkteur van Wambugu-appels, sê die Wambugu-appel kan in enige soort grond in enige land groei en het Namibiërs aangemoedig om met die verbouing daarvan te begin.