Blitsbokke moenie gerus raak nie

Die afrigter van die Blitsbokke, Neil Powell, sê oorgerustheid mag die naweek nie deel van dié span se woordeskat wees nie. Die Blitsbokke het momentum en selfvertroue in aanloop tot die vierde toernooi van die Sewes-wêreldreeks in Spanje. Hulle het die vorige drie toernooie dié seisoen gewen. Powell sê hulle hoop steeds op die volmaakte wedstryd en hopelik kan hulle dit in Seville speel: