ANC-regering behou sy standpunt oor Israel

Die Suid-Afrikaanse departement van internasionale betrekkinge sê hy neem kennis van opmerkings oor die status van diplomatieke bande tussen Suid-Afrika en Israel. President Cyril Ramaphosa het die week ‘n geloofsbrief van die nuwe Israeliese ambassadeur in Suid-Afrika ontvang. Die departement het verlede jaar die Afrika-unie se besluit gekritiseer om aan Israel waarnemerstatus toe te staan. Die ANC-regering het ook sy ondersteuning aan Mej. Suid-Afrika, Lalela Mswane, onttrek toe sy in Israel aan die Mej. Heelal-kompetisie deelgeneem het. Die departement se woordvoerder, Clayson Monyela, sê Suid-Afrika het nie tans ‘n ambassadeur in Israel nie: