Nestle neem stappe teen kinderarbeid

Die internasionale voedselmaatskappy Nestle sê hy sal voortaan kakao-boere kontant betaal indien hulle hul kinders skool toe stuur eerder as om hulle by die boerdery te betrek. Die stap vorm deel van maatreëls wat afgedwing is deur verbruikers, beleggers en regerings dat die sjokolade-bedryf meer billik word en nie kinderarbeid benut nie. Die maatskappy sal ook 1,41 miljard Amerikaanse dollar teen 2030 in volhoubare kakao-produksie belê. Die maatskappy sê die geld wat die boere betaal word sal skoolgeld dek veral omdat daar ‘n groot inkomste-gaping by die produsente voorkom. ‘n Onlangse peiling toon van 45 persent van kinders in die Ivoorkus en Ghana werk op kakaolande en gaan nie skool nie.