Blatter sê toekenning van Fifa-beker aan Katar was ‘n fout

Die voormalige Fifa-president Sepp Blatter het erken dit was ‘n fout om die Wêreldbeker aan Katar toe te ken. Die 86-jarige Blatter was in 2010 Fifa se hoof toe die uitvoerende komitee die omstrede besluit geneem het dat die Wêreldbeker in 2018 en 2022 onderskeidelik in Rusland en Katar aangebied word. Hy beweer hy het nie vir Katar gestem nie en wou hê die toernooi moet vanjaar in Amerika gehou word. Katar word gekritiseer vir sy standpunt oor verhoudings tussen mense van dieselfde geslag, sy menseregte-rekord en die behandeling van trekarbeiders.