Wysigings ingestel na opskorting van program by Vishoek Hoërskool

Die Wes-Kaapse LUR vir Onderwys, David Maynier, sê nuwe wysigings is ingestel ná die opskorting van die diversiteits-ingrypingsprogram by die Hoërskool Vishoek. Die program is gestaak ná bewerings dat dit rassespanning veroorsaak. Maynier het versoek dat die Wes-Kaapse Regeringsregsdiens raad gee oor regstappe wat verband hou met die diensverskaffer se optrede tydens die ingryping, insluitend of daar ruimte is vir ‘n siviele skadevergoedingseis: