Black First Land First-woordvoerder beveel om haatspraak te verwyder

Die gelykheidshof in die buurland het die woordvoerder van Black First Land First, Lindsay Maasdorp, beveel om enige aanstootlike stellings van sy sosiale media-platforms te verwyder en om nie die doodmaak van, of geweld teen enige groep, aan te wakker nie. Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie het ‘n saak teen Maasdorp ingestel in die Wes-Kaapse hooggeregshof, wat gesit het as die gelykheidshof, in reaksie op klagtes oor beweerde haatspraak op sosiale media. Verskeie van die plasings verwys na moord op witmense. Maasdorp moet ook sensitiwiteits- en diversiteitsopleiding ontvang.