Oekraïnse inwoners in Donetsk aangemoedig om na Rusland te vlug


‘n Oekraïense separatistiese leier het ‘n beroep op inwoners gedoen om na Rusland te vlug te midde van die gespanne militêre dooiepunt tussen Oekraïne en Moskou. Die hoof van die self-aangekondigde Donetsk People’s Republic, Denis Pushilin, sê die Oekraïense weermag beplan om Donbas met geweld in te neem en burgerlikes moet ontruim word. Hy beskuldig Oekraïense magte daarvan dat hulle troepe en dodelike wapens langs die kontaklyn opgebou het en beweer die weermag is nou in gevegsformasie en op ‘n gereedheidsgrondslag. Vroue, kinders en bejaardes sal eerste ontruim word.