Virtuele toer by Twyfelfontein aangebied

Die Nasionale Erfenisraad van Namibië het ‘n geskiedkundige mylpaal bereik deur ‘n virtuele realiteitstoer van Twyfelfontein aan te bied. Die minister van onderwys, kuns en kultuur, Anna Nghipondoka, het die virtuele toer van die Twyfelfontein-erfenisgebied bekendgestel. Sy sê die digitale tegnologie maak ‘n nuwe wêreld oop waar virtuele toeriste Namibiese rotskuns kan bewonder. Die virtuele toer se teikengroep is bejaardes, mense met gestremdhede of jong kinders wat nie die staptog na die rotskuns by Twyfelfontein kan doen nie.