Black Business Council: Hernubare energie sal nie kragkrisis in SA oplos

Die Black Business Council sê die uittredende uitvoerende hoof van Eskom, André de Ruyter, het nie sy plig by die nutsmaatskappy nagekom nie. Die raad se uitvoerende hoof, Kganki Matabane, sê die land is in ʼn slegter toestand sedert sy aanstelling in 2019. Volgens Matabane sal hernubare energie nie die huidige energiekrisis oplos nie.