Esau se borgaansoek duur vandag voort

Fishrot-beskuldigde en die voormalige minister van visserye en mariene hulpbronne, Bernhardt Esau, se borgtogaansoek duur vandag in die Windhoekse hoërhof voor regter David Munsu voort. Esau sal vandag na verwagting voortgaan met sy getuienis in sy borgtogaansoek, waarna die staat geleentheid gegun sal word vir kruisondervraging. Esau het getuig dat hy nie sy posisie as minister misbruik het nie. Volgens hom was die memorandum van verstandhouding tussen Namibië en Angola, wat Angola bemagtig het om aansoek te doen vir Namibiese visvangkwotas, reeds jare vantevore in die pyplyn, selfs voordat hy minister geword het. Esau het vroeër getuig dat daar probleme op sy plaas is.