Binnenshuise hokkiespanne in Nkosibeker finaal

Namibië se binnenshuise manshokkiespan het hul plek in die eindstryd van die Nkosibeker bespreek wat in Kaapstad gespeel word, ná ’n skitterende sege van 5-2 teen Suid-Afrika Sondagmiddag en ’n sege van 6-2 teen die VSA in die groepwedstryde. Namibië is tweede op die punteleer en hulle sal in die eindstryd teen die eerste geplaaste Suid-Afrika te staan kom. Die Namibië binnenshuise vrouehokkiespan is ook tweede op die punteleer nadat hulle Ierland vanmiddag met 2-1 geklop het. Die Namibiërs het een groepwedstryd oor teen Suid-Afrika, voor die eindstryd môre-aand waar hulle weer met Suid-Afrika sal kragte meet. Kiana-Che Cormack het twee doele vir Namibië aangeteken en is bo-aan die algehele doele-lys, met sewe doele in drie wedstryde.