Meer ietermagô smokkelaars vasgetrek

Die omgewing-ministerie is verheug dat daar meer arrestasies was van beweerde ietermagô-produkte smokkelaars tussen 1 September en 30 November vanjaar, maar dit dui ook op meer smokkel-aktiwiteite. ‘n Totaal van 38 verdagtes is in hegtenis geneem en 23 sake is registreer. Twaalf lewende ietermagô’s, 18 velle en 146 skubbe is gekonfiskeer. Ietermagô’s word ernstig bedreig en die ministerie waarsku voorts dat handel in wild ‘n ernstige oortreding is. Tot op hede was die swaarste vonnis vir die handel in ‘n ietermagô of sy dele nege jaar direkte gevangenisstraf, en die swaarste boete was 800 000 Namibiese dollar. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Romeo Muyunda, woordvoerder van die omgewing-ministerie.