Binder is tweede op MotoGP-ranglys

Brad Binder het sy tweede plek op die MotoGP-kampioenskapspunteleer vir Red Bull KTM verstewig nadat hy gister sesde geëindig het in die Argentynse Grand Prix. Die Spaanse drietal Aleix Espargaro, Jorge Martin en Alex Rins het saam op die podium verskyn, met hul landgenoot Joan Mir in die vierde plek. Binder se jonger broer, Darren, was in die 18de plek op sy Yamaha. Enea Bastianini van Italië is tans eerste op die punteleer, met  Fabio Quartararo van Frankryk in die derde plek.