Bucha: Hoekom was Oekraïnse amptenare vir 4 dae stil?

Die Russiese ambassadeur in Washington Anatoly Antonov het skerp gereageer op die berigte van massagrafte en dooie burgerlikes wat op Bucha noordwes van Kiëf in die Oekraïne gevind is en vermoedelik gedood is deur Russiese soldate wat onttrek het. Hy sê die aantygings word ten sterkste verwerp. Hy wys daarop dat Russiese troepe reeds Bucha op 30 Maart verlaat het. Die Oekraïnse owerhede het dus vir vier dae stil gebly, en nou het hulle skielik sensasionele beeldmateriaal geplaas om Rusland se beeld te beswadder en Rusland homself te laat verdedig. Antonov het bygevoeg dat 452 ton humanitêre hulp vir burgerlikes in die gebied gelewer is. Die Russiese ministerie van verdediging het beklemtoon dat Bucha se burgemeester Anatoly Fedoruk op 31 Maart in ‘n video bevestig het dat daar geen Russiese troepe in Bucha was nie. Hy het egter nie ’n woord gesê oor burgerlikes wat met hul hande agter hul rug vasgebind op straat doodgeskiet is nie.