Biden sê daar is nie ‘n resessie in VSA nie

Rooi vlae wapper oor die moontlikheid van ‘n resessie in die Verenigde State nadat die land se ekonomie vir die tweede agtereenvolgende kwartaal gekrimp het. Die inkrimping van 0,9 persent tussen April en Junie het kommer oor die ekonomie vererger nadat die prys van kruideniersware, brandstof en ander noodsaaklike goedere teen die vinnigste pas in 40-jaar gestyg het. Daar word berig dit volg nadat die VSA se ekonomie in die eerste kwartaal met 1,6 persent gekrimp het. President Joe Biden sê dit is geen verrassing dat die ekonomie krimp ná verlede jaar se geskiedkundige groei nie.