SA verklaar dispuut met Wêreldhandelsorganisasie

Die Suid-Afrikaanse regering het ‘n dispuut by die Wêreldhandelsorganisasie verklaar oor die Europese Unie se nuwe reëls oor die invoer van sitrusvrugte uit Suid-Afrika. Die nuwe reëls vereis dat lemoene wat op pad is na Europa met koue behandel word om die verspreiding van die valskodlingmot te keer. Suid-Afrika se spesiale gesant by die Verenigde Nasies het 21 teenstrydighede in die nuwe voorgestelde maatreëls gevind. Hy sê dit het reeds ‘n sowat 3,2-miljoen kartonne sitrus teen ‘n geraamde waarde van 605 miljoen Suid-Afrikaanse rand geraak.