Lekker Oesterfees môre op Walvis

Dit is weer tyd vir die Walvisbaai Oesterfees wat môre by Laerskool Walvisbaai plaasvind. Die ingangsfooi beloop 100 Namibiese dollar vir die hele dag en dit sluit in ‘n groot verskeidenheid stalletjies, lekker musiek en natuurlike heerlike oesters. Die fees kon nie die vorige jaar plaasvind nie as gevolg van die Covid-maatreëls. Len Nel, die organiseerder, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.