Biden-Putin beraad laat olieprys effe daal

Oliepryse het vanoggend effe gedaal na die aankondiging van ‘n beplande beraad tussen Amerikaanse President Joe Biden en sy Russiese eweknie Vladimir Putin sowel as die vooruitsigte van ‘n kernkragooreenkoms tussen Iran en wêreldmoondhede in die volgende week of twee. Brent ru-olie het terrugesak en verhandel tans rondom 93 Amerikaanse dollar ‘n vat. Die mark wipplank redelik onder vrese van die Russiese inval in die Oekraïne. In terme van Iran het amptenare van die EU gesê ‘n ooreenkoms om Iran se 2015-kernkragooreenkoms te laat herleef, is baie naby.