Kragopwekking by GERD is uitstekend vir daardie streek

Die Grand Ethiopian Renaissance-dam, wat Ethiopië in die Blou Nylrivier gebou het, het gister as die grootste hidroëlektriese projek in Afrika, vir die eerste keer krag opwek. Die projek was vir meer as tien jaar onder konstruksie en tot groot teenkanting van Egipte en Soedan, wat beweer daar gaan groot watertekorte stroom-af wees. Dr. Leake Hangala, ‘n voormalige besturende direkteur van NamPower het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die ontwikkeling.