Bewaringsgebiede se wildwagters met Goscars vereer

Die Goscars, of te wel die Grassroots Owen-Smith Community Ranger Awards, is nou oop vir nominasies. Jaarliks word drie top Namibiese wildwagters van bewaringsgebiede, leeu-of renosterswagters of mense wat ons visbronne in riviere beskerm, beloon. Die toekennings gee erkenning aan die mans en vroue wat vir kilometers in die veld loop en werk om Namibië se natuurlike hulpbronne te bewaar. Dit is die mense wat die Namibiese omgewingsreus, wyle Garth Owen-Smith, in sy naam sou wou vereer het. Omgewingskenner, dr. Chris Brown, verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus die belangrikheid van die toekennings.