SA oor gereedheid vir derde Covid-vlaag

Die waarnemende Suid-Afrikaanse gesondheidsminister, Mmamoloko Kubayi-Ngubane, het aan die parlementêre portefeuljekomitee vir entstofverkryging terugvoer gegee ná die aankondiging dat 1,47 miljoen Johnson & Johnson-entstowwe Maandag in Suid-Afrika aankom. Sy het vrae beantwoord oor die land se gereedheid vir die derde Covid-19-vlaag. Die minister het ook vrae beantwoord wat verband hou met die omstrede Digital Vibes-ondersoek wat tot minister Zweli Mkhize se spesiale verlof gelei het.