Bejaarde man wen lotto van N$30 miljoen

Die eienaar van die Lotto-wenkaartjie van 14 April het uiteindelik sy 30 miljoen Namibiese dollar opgeëis. Die 73-jarige man het sy kaartjie in Middelburg in Mpumalanga gekoop. Hy het 80 Namibiese dollar bestee en sy eie nommers gekies. Volgens die nasionale lotery-operateur, Ithuba, is die man in die wolke oor sy wengeld. Hy sê hy gaan van die geld aan skole in landelike gebiede en nedersettings in die provinsie skenk. Verder gaan hy sy skuld afbetaal en sy uitgebreide familie finansieel ondersteun.